Die muntstuk van Christus se verlossingswerk
Christus se verlossingswerk is soos ‘n muntstuk met twee kante:
- op die voorkant staan: Hy verlos ons van die skuld van die sonde; en
- op die agterkant staan: Hy verlos ons van die mag van die sonde
Ewemin as wat jy net een kant van ‘n muntstuk kan hê, net so min kan ‘n gelowige net deel hê aan die skuldbetaling van Christus. In Christus kry jy ook deel aan die verlossing van die heerskappy van die sonde en begin jy ‘n nuwe lewe leef. Regverdigmaking en heiligmaking is die twee kante van die munt van ons saligheid.
Onlangse Kommentaar