God die Vader se getuienis in sy opwekking van Jesus
Olevianus, een van die opstellers van die Kategismus, sê dit so aangrypend mooi. Hy sê: Die opstanding is ‘n openlike getuienis van God aan ons dat al ons sondes betaal is. Want, sê hy, as daar selfs net een sonde onbetaald gebly het, sou Christus nie uit die dood uit kon opstaan nie. Immers, waar daar selfs net een sonde is, moet die dood wees. Maar wanneer die Vader die Seun opwek, tree daarmee op die helderste wyse aan die lig dat al ons sondes versoen is.
Onlangse Kommentaar