Gaan vra ons Vader – dit is die les wat Jesus ons leer in die Onse Vader.
Don’t ask your dad, ask for Google.So lui ‘n bekende advertensie van die rekenaarsoekprogram Google.Moenie jou pa vra nie, vra vir Google.
Google is ’n wonderlike en uiters kragtige soekprogram op die rekenaar. Daarmee kan jy die enorme Internet deursoek na ‘n bepaalde woord, vraag, of wat ook al. Aan die hand van vader Google word jy dan na dikwels honderde artikels en boeke oor jou onderwerp of vraag gelei.
Ons is gewoond om as ons nog jonk is en ook nog later om ons pa te vra: Pa, wat beteken dit of dat? Pa help my met hierdie vraagstuk, onderwerp, ensomeer. Vra vir pa. So hoort dit ook.
Maar, moedige die Google-advertensie ons aan, moenie jou pa vra nie, maar vra vir pappa Google. Dit is seker nie so bedoel deur Google nie, maar ek wil dit gebruik as ’n illustrasie van wat ons ten opsigte van ons Vader in die hemel doen.
Jesus leer ons: Gaan vra ons Vader. Daarenteen sê die Satan en ons sondige natuur vir ons: Moenie na ons Vader gaan nie. Vra vir iemand of iets anders, vir ‘n ander vader.
Ek sal ’n paar voorbeelde noem van hoe en wanneer ons nie ons Vader vra nie, maar ander vaders:
- As jy siek is, gaan jy na vader dokter. Jy vra ‘n oplossing by hom. Maar – na jou almagtige hemelse Vader gaan jy nie: jy bid nie vir vir sy seën, sy oplossing, antwoord nie;
- As jy ’n probleemvraag het, gaan vra jy vir vader mens, vader boeke. Maar – na jou almagtige hemelse Vader gaan jy nie: jy bid nie vir vir sy seën, sy oplossing, antwoord nie;
- As jy ’n Skifgedeelte nie verstaan, dominee, boeder, suster, hardloop jy na vaders soos jou kommentaar of kommentare, jou dominee, jou professor. Maar – na jou almagtige hemelse Vader gaan jy nie: jy bid nie vir vir sy seën, sy oplossing, sy antwoord nie.
So gaan ons na allerhande vaders met al ons vrae en met al ons probleme. Maar -na jou almagtige hemelse Vader gaan jy nie: jy bid nie vir vir sy seën, sy oplossing, sy antwoord nie.
Maar Jesus leer ons anders. Hy gee ons die Onse Vader. Gaan vra vir Vader, ons Almagtige hemelse Vader.
- Hy leer ons in die Onse Vader dat ons Hom moét vra. Bid is ‘n gebod, ‘n bevel.
- Hy leer ons in die Onse Vader wát ons Hom moet vra: alle wat ons in sy oë nodig het vir liggaam en siel.
En wat ‘n Vader is Hy nie:
- Hy is ons Vader in die hemel, dit wil sê die Een wat ooralles heers, wat alles en almal in sy hand het, die Almagtige. Daarom kan Hy ons help. Nooit is ons nood te groot vir Hom nie.
- Hy is ons Vader. Dit is Hy deur en danksy Christus. In die bloed van sy Seun lê dit vir ewig vas en gewaarborg. As ons Vader in Christus wil Hy ons ook help.
Onlangse Kommentaar