Dié heel belangrikste boek oor die groot kenmerk van alle sektes
Ek het vandag Kurt Hutten se boek Geloof en Sekten gelaai. Wat my betref
is dit dié boek oor die sektewese.
Hutten toon aan wat die groot verskil
tussen alle sektes enersyds en die Reformasie andersyds is. By álle
sektes word die leer van die Bybel, die leer van genade alleen, Christus
alleen, die Woord alleen, die geloof alleen, aan God alleen die eer, in
mindere of meerdere mate aangetas. Dit is dié groot ooreenkoms tussen alle
sektes. Dit KENMERK elke sekte.
Die boek van Hutten is ‘n absolute moét vir almal, professore, studente,
lidmate wat wil weet: Wat is die diepste probleem by alle en alle sektes?
Wat is die wese van elke sekte? Ek kan maar sê: Wat maak ‘n sekte ‘n
sekte? Dít dat hulle die 5 punte van die Reformasie aantas: die leer van
genade alleen, Christus alleen, die Woord alleen, die geloof alleen, aan
God alleen die eer. Dit is die GROOT PROBLEEM van alle sektes.
Die boek kan hier afgelaai word:
http://bit.ly/30TSaeE
Onlangse Kommentaar