(49) Die Psalms van Christus
Psalm 13 (3): Gebed en lofsang
Daar is ‘n geweldige kontras in hierdie Psalm: dit begin met ‘n klaaglied en dit eindig met ‘n loflied. Aan die begin sing Dawid op die laagste moontlike noot; in die laaste verse jubel hy in hemelhoë tone. Hoe het dit in Psalm 13 gebeur dat die klaer ‘n juiger geword het?
Ons sal die antwoord moet gaan soek in dit wat tussen die klag en die lof lê. Tussen die klaaglied aan die begin en die lofsang aan die einde lê die gebed van vers 4 tot 6a. Die gebed is die geheim van die oorgang. Dit bring die verandering in Dawid se gemoedstoestand, ondanks die toestand waarin hy verkeer.
In Psalm 31 vers 5 bid Dawid: In u hand gee ek my gees oor. En dan jubel hy in vers 7: Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien … het en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie …
Nog ‘n paar opmerkings oor Dawid se loflied in vers 6b: Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.
-
Dit is ‘n loflied tot eer van die HERE. Dit staan in Dawid se loflied in die middelpunt. Daarvoor leef ons: om die Here te eer, nie alleen in ons lied nie, maar ook in ons dade.
-
Ek wys u ook tweedens op die rede waarom Dawid wil sing tot eer van die HERE: omdat Hy aan my goed gedoen het. Die woord goed gedoen is ‘n gelaaide woord. Letterlik beteken dit: Oorvloedig handel. Die HERE gee nie karig nie, maar mildelik en oorvloedig, in volheid. Hy gee ons ver bo wat ons bid of dink, sê Efesiërs 3:20. Hy gee die kosbaarste wat Hy het: sy Seun.
Keer op keer tref ons dit in die Psalms aan: dat die Psalmdigters die HERE dank of loof selfs nog voordat hulle iets ontvang het. Gebedsverhoring was vir hulle geen onsekere saak nie, maar dit het vir hulle vasgelê in God se verbondstrou.
Onlangse Kommentaar