Nuwe Bybelstudiehandleiding Abraham
Deur die Here se groot genade kon ek weer ‘n boek publiseer.
Die titel is: Die God van heerlikheid en die geboorte en lewe van die kerk. Die sub-titel is: Bybelstudie oor die openbaring van die God van heerlikheid, Christus, in die lewe van Abraham.
In ‘n tyd waarin dit so moeilik gaan in die kerk, is juis en net dit ‘n enorme troos: Christus alleen gee deur sy Woord alleen geboorte aan die kerk en Hy alleen hou dit ook deur Woord en Gees instand. Hierdie heerlikheid van Christus sien ons in hierdie geskiedenis. Modern gesê: Hy en Hy alleen is die gemeentebouer.
Die boek is ‘n reeks preke, wat ook aangepas is vir Bybelstudie, met vrae aan die einde van elke les.
Die boek is verkrygbaar by die Administratiewe Buro in Potch (018 297 3986/7/8/9; bestellings@gksa.co.za ) of by die Boekenhoutboekwinkel by Aros (012 332 3227/8 ; 086 595 1840; boekenhout@aros.ac.za ) in Pretoria.
Die koste sal in die omgewing van R40 wees.
Onlangse Kommentaar