(1) KORONA. Gedagtes oor die gebed: Christus alleen
Dít moet ons te midde van die Korona-pandemie doen: bid, bid, bid en nogmaals bid.
Bid is: om ons leë, klein, magtelose handjies hulpbehoewend uit te steek na Hom wat alleen instaat is om ons in hierdie Korona-nood te help.
MAAR DAN IS DAAR EEN DING WAT ONS GOED MOET ONTHOU: Ook ten opsigte van die gebed geld die beginsel: Christus alleen … Gebed het alles te make met ons verlossing in Christus.
WANT:
-
ALLEEN deur Christus is God weer ons Vader. Maar almal wat Hom (Jesus) aangeneem het, aan hulle het Hy mag (die reg – verwerf deur Christus) gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo (Johannes 1:12). Deur Christus alleen het ons ‘n almagtige, liefdevolle Vader, wat ons kan en sal en wil help.
-
Die gebed word ALLEEN gebore uit die verlossingswerk van Christus. Alleen deur die verlossingswerk van Christus wil ons weer bid, kan ons weer bid. Dit is nie deur die virus wat ons bid nie, maar deur en danksy Christus. Heidene kan nie bid nie. Die ware gebed word in die korona-tyd en in alle tye aan Christene alleer, maar ook VERSEKER gegee
-
Die gebed lê ALLEEN vas in die verlossingswerk van Christus. Alleen in Christus is die vervulling van al God se beloftes vir ons vas en seker: in sy bloed en in sy voorbidding is ons gebed GEWAARBORG.
-
Die gebed gryp voortdurend en ALLEEN na die verlossingswerk van Christus. Immers, alleen in en deur Christus kan ons God se Naam heilig, ons onderwerp aan sy koningskap, ons buig onder sy wil, ens. Alleen in Christus het ons reg op brood, alleen in Christus het ons vergifnis van ons sondes, alleen in Christus kan ons die versoeking van die Bose oorwin. Alleen Hy kan ons help. Matteus 28: 18,20: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. … En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
DAAROM:
-
Gebed is een groot lofprysing van die verlossingswerk van Christus.
-
Gebed is geheel en al afsien van jouself en heeltemal opsien na Christus alleen.
EN:
-
In so ’n gebed – Christus alleen – en in so ’n gebed alleen word die Vader ten hoogste geëer.
-
En die Heilige Gees doen niks liewer as om die Christus-alleen-gebed ons in die mond te lê nie.
DIT BETEKEN NIE:
-
DAT ONS ALLES WAT ONS VRA VAN HOM KRY NIE. DIT BETEKEN OOK NIE DAT GELOWIGES NIE DIE KORONA-VIRUS SAL KRY NIE. HY ALLEEN WEET WAT GOED IS VIR ONS EN DIT GEE HY ONS.
DIT BETEKEN WEL:
-
DIE NOOD, OOK DIE KORONA-NOOD, SAL NOG DAAR WEES. MAAR … MAAR MIDDE-IN DIE NOOD is ek VERSEKERD DANKSY CHRISTUS SE OFFER EN GEBED: dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie. Rom 8:38, 39
Onlangse Kommentaar